The Hunt is on

The hunt is on - we are chasing bogus training facilities. Our first target is a so-called Christian University called Calvary University. Keep a watch on this ! This group misuses Christianity for their own purposes and we are out to uncover their modus operandi

Monday 23 January 2012

Beeld Vandag 22 Jan 2012

Ouers vies oor private ‘skool’

2012-01-22 21:16
Die huis in Sinoville, Pretoria, waar verskeie leerlinge verlede jaar “skoolgegaan” en hul matriekeksamen gedruip het. Foto: Theana Calitz
’n Groep ouers van Pretoria is woedend oor ’n private instelling wat glo voorgee om ’n “skool” te wees waar gr.12’s die nasionale senior sertifikaat-eksamen kan skryf.

Minstens ses leerlinge wat verlede jaar matriek aan die Sunray Business Mentoring Centre International (SBM) in Sinoville geskryf het, het gedruip.

Hulle het die Eksamenraad vir Christelike Onderwys (Erco) se eksamen geskryf.

Me. Corine Fick, ’n ouer, het gesê: “Ons het elkeen omtrent R20 000 se skoolgeld vir die jaar betaal en ons kinders het niks om daarvoor te wys nie.”

Die ouers wil ander waarsku en doen nou stappe om die SBM gesluit te kry.

Van die talle probleme wat Fick en ander ouers uitgewys het, is dat hul kinders nooit rapporte gekry het nie.

“Ons was heeltyd onder die indruk dat die kinders goed vorder.”

Fick het gesê sy was wel by tye onrustig omdat daar ’n hoë personeelomset was en dit geblyk het van hulle nie onderwyskwalifikasies het nie.

Dit blyk ook nou die skoolkurrikulum is nooit behoorlik gedek nie.

Beeld het in 2009 ook oor die instelling berig wat ondersoek sou word omdat dit nie geregistreer is om hoëronderwys-kwalifikasies aan te bied nie.

SBM bemark steeds sy kursusse en dienste op die webwerf www.jericho.­co.za/sba/courses.

Op die webwerf waarsku SBM dat hy of enige van sy ander “mentorsentrums” nie studente vir ’n program of kwalifikasie kan of sal registreer nie.

Volgens die webwerf is “pastoor” Celeste Bruwer die hoof van SBM.

By Beeld se besoek aan die huis in Sinoville vanwaar skoliere onderrig gekry het, het Bruwer se man, Wikus, gesê hy is nou hoof van die “mentorsentrum” en dat sy vrou haar “met ander sakebelange besig hou”.

Voor dié huis is ’n bord wat die dienste van Sunray Beauty Academy bemark waar enigiets van modulêre kursusse tot kursusse in skoonheid, haarkappery, teologie en berading gevolg kan word.

Bruwer het ontken dat hulle ’n “skool” is.

Volgens hom kan leerlinge enige “tuisskoolprogramme” volg en dan na die mentorsentrum kom waar hulle “gehelp” word.

Hy het gesê die leerlinge wat by hulle uitkom, pas nie baie goed in hoofstroomskole aan nie.

SBM keur ook nie leerlinge nie, maar evalueer hulle en beveel aan watter vakke hulle behoort te neem.

Mnr. Panyaza Lesufi, nasionale onderwyswoordvoerder, het gesê die ouers moet ’n klag by die spesiale ondersoekeenheid van die polisie indien, wat op bedrieglike instellings toeslaan.
 

No comments:

Post a Comment