The Hunt is on

The hunt is on - we are chasing bogus training facilities. Our first target is a so-called Christian University called Calvary University. Keep a watch on this ! This group misuses Christianity for their own purposes and we are out to uncover their modus operandi

Monday 23 January 2012

It is coming a long way - Beeld 2009

Tienduisende rande vir ‘nikswerd’ grade

2009-06-07 21:48
Gloria Edwards

Die nasionale onderwysdepartement ondersoek ’n pastoor van Pretoria se onderwys-instituut wat nie geregistreer is om hoër- onderwyskwalifikasies aan te bied nie.
Dit kom ná ’n voormalige student Beeld ingelig het sy was onder die indruk sy studeer vir ’n graad deur die Sunray Beauty Academy International.
Die naam is vroeër vanjaar verander na Sunray Business Mentoring (SBM) Centre International.
Beeld het ná ’n ondersoek die onderwysdepartement ingelig dat SBM voorgee hy bied verskeie internasionaal erkende kwalifikasies deur die Londense City & Guilds (C&G) aan, waaronder hotelbestuur, kursusse vir sjefs, rekeningkunde en inligtingstegnologie.
Volgens mev. Joleen Rugg, C&G-bestuurder in Suid-Afrika, het SBM slegs goedkeuring om twee kwalifikasies (skoonheid en haarstilering) aan te bied.
Volgens C&G moet sy goedgekeurde sentrums ingevolge wetgewing sedert Desember 2007 by die departement as private instellings vir verdere onderwys en opleiding geregistreer wees.
C&G het bevestig hulle ondersoek SBM nadat Beeld hulle ingelig het oor die bewerings.
SBM erken op sy webblad (sunraybusiness.com en jericho. co.za) dat hy nie geregistreer is nie.
Sy aansoek vir registrasie is glo in 2003 onttrek omdat SBM nie sy studente wil opsaal met die hoë koste van regeringsgoedkeuring nie.
Mev. Tienie Heyneke van Boksburg beweer egter sy het meer as R43 000 aan haar dogter, Martlie (21), se skoonheids- en B.A. Berading-kwalifikasies bestee wat “eintlik niks werd is nie”.
Volgens Heyneke het haar dogter van 2006 tot 2008 deur SBM se Boksburg-kampus studeer. Sy het in 2006 en 2007 ’n skoonheidskursus geloop en voltooi.
“Sy het klas geloop, eksamens geskryf en ’n gradeplegtigheid bygewoon. Ons het hulle nie betwyfel nie, want die hoof is ’n pastoor en die dekaan/eienaar van die (Boksburg-)kampus ’n prokureur,” het Heyneke gesê.
Martlie het verlede jaar met die B.A. Berading-kursus begin. “Hulle het my nie ’n keuse gegee nie en my by Calvary-universiteit (’n Amerikaanse internet-opleidingsinstelling) ingeskryf. Toe hulle skielik sê dis self-studie en dat ons geen praktiese klasse het nie, het ek agtergekom iets skort,” beweer sy.
By navraag is Martlie deur die departement ingelig dat nóg SBM nóg Calvary geregistreer is om in Suid-Afrika hoëronderwyskwalifikasies aan te bied. Sy het toe haar studies gestaak.
Beeld het self ervaar hoe SBM die indruk wek dat hy ’n hoër-onderwyssentrum is.
Kursusgeld beloop tot tienduisende rande en volgens ’n personeellid het SBM “ ’n slaag?syfer van 65% en word daar jaarliks vier eksamens geskryf, waarvan die laaste een internasionaal is”.
Past. Celeste Bruwer, hoof van SBM, hou egter vol SBM is ’n “mentorsentrum” en “hoef dus nie te registreer nie”.
“Ons bied nie kwalifikasies nie, ons mentor programme en kwalifikasies.”
Sy beweer alle studente word in onderhoude hiervan ingelig.
“Die Heynekes het genoeg vorms geteken wat bewys hulle is ingelig. Ons tree nie namens universiteite op nie.”
Volgens Bruwer gebruik SBM kenners wat studente mentor.
Martlie ontken dít egter. “Bruwer het gesê hulle ís geregistreer.”
Mnr. Granville Whittle, die departement van onderwys se kommunikasie-direkteur, het bevestig hulle ondersoek die bewerings.
- Beeld

No comments:

Post a Comment